AARTAPPELNESSIES
“Ek het vanoggend hierdie yummy aartappelnessies gemaak met spinasie en ons eie plaaseier vulsel met gerasperde kaas!!! Dis lieflik en iets anders as die gewone ontbyt!!! Ek het sommer net gaan loer op die internet vir basiese riglyne en jy kan jou eie vulsel gebruik vir variasie.”
- 5 medium rou aartappels, gerasper
- 1 koppie kaas, gerasper
- sout en peper, na smaak
- bietjie olyfolie
- spinasie, na smaak en fyngekerf
- 12 klein plaaseiers
- avokadopeer vir afronding en groenigheid op die bord (sien foto)
Rasper aartappels. Smeer pan met kossproei en druk fyn aartappel in panholtes en maak lekker nessies. Sprinkel sout en peper oor kaas en besprinkel met bietjie olyfolie bo-oor. Plaas kaasmengsel bo-op aartappels.
Bak in oond teen 220 °C vir 15 – 20 minute of tot aartappel mooi goudkleurig is.
Haal pan uit oond en verminder hitte na 180 °C. Plaas res van bestanddele in nessies s00s volg.
Kerf spinasie en plaas in holtes, klein plaaseiers bo-op in elke holte. Sien foto.
Bak vir 15 – 20 minute tot mooi gaar.
Bedien met avokado vir groenigheid op die bord.
Resep en fotos: Anzette Finnemore