AARTAPPEL, KAAS EN SPEKSOP
- 6 groot of 8 medium aartappels, in soutwater saggekook
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 250 ml vars room
- 500 ml gerasperde Cheddar kaas
- 1 eetlepel gekapte vars pietersielie of een teelepel gedroogde pietersielie
- 250 g spek, in blokkies gesny
- sout en varsgemaalde swart peper
- 1 koppie warm water
Braai die spek tot bros maar nie droog. Hou eenkant.
Maak die aartappels in ‘n voedselverwerker fyn (ek het ‘n hand”blitzer” gebruik).
Hou die water waarin die aartappels gekook is. Skep die fyngemaakte aartappels terug in die water en meng die soppoeier met die warm water. Roer die sopmengsel by die aartappels in en voeg 250 ml van die kaas by (hou die ander helfte van die kaas eenkant).
Voeg nou die res van die bestanddele (behalwe die koppie kaas) by die aartappelmengsel. Voeg genoeg water by sodat die sop lekker dik is.
Geur met sout (indien nodig) en swart peper.
Strooi van die gerasperde kaas onderin ‘n sopkommetjie, skep die sop bo-oor en strooi dan nog bietjie kaas bo-op.
Bedien saam met brood of vetkoek.
Resep: Elsie Slabbert
Foto: Carien Schultz