Your Recipe Blog

AARTAPPEL- EN SPEKKOEKIES

AARTAPPEL- EN SPEKKOEKIES

Ek het gistraant hierdie vir ‘n bygereg gemaak sommer net om ietsie te hê en was baie lekker.

  • 2 aartappels
  • 1 ui
  • 1 pakkie spek
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel peper
  • 1 eetlepel Aromat
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 teelepel brandrissievlokkies
  • 1 eier
  • ½ koppie melk
  • olie vir braai

Skil  die twee aartappels en een ui en verpulp dit.
Kerf ‘n pakkie spek baie fyn en meng dit in by die pulp.
Voeg al die ander bestanddele by die verpulpte mengsel.
Dit moet ‘n redelike stywerige mengsel wees.
Maak klein balletjies en druk plat.
Bak dit weeskante vir ‘n paar minute in klein bietjie olie tot goudbruin.
Dreineer koekies op kombuispapier en geniet.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page