Your Recipe Blog

AARBEIKONFYT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 ure | Servings: 15 x 67 ml botteltjies

AARBEIKONFYT

Vir ons kuier in Pretoria het ek Aarbeikonfyt gemaak.

  • 1 kg aarbeie
  • 1 kg suiker
  • 50 ml suurlemoemsap

Spoel die vrugte mooi skoon af. Plaas die vrugte in ‘n groot genoeg pot en strooi die suiker bo-oor.
Sit die stoofplaat op 1  en laat warm word vir ongeveer ‘n 1/2 uur. Roer elke nou en dan dat die suiker en vrugte begin stroop vorm.
Voeg die suurlemoensap by. Draai die plaat op 2 en laat prut vir ongeveer 3 ure tot die konfyt ‘n strepie maak in die middel as dit afgekoel het op ‘n bordtjie.
Druk die vrugte met ‘n “masher” fyner.
Dit is heerlike konfyt met stukkies in.
Ek het 15 x 67 ml botteltjies uit gekry.

Ek het ‘n 1.5 liter koeldrank bottel se kop afgesny en dit as tregter gebruik, dit het perfek gewerk om die botteltjies vol te maak sonder om te mors.

Resep en foto: Meisie van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page