Your Recipe Blog

40 JAAR OUE FUDGE RESEP

Avatar photo
Recipe by
| Servings: Ongeveer 55 blokkie

40 JAAR OUE FUDGE RESEP

40 Jaar oue fudge resep, die is ‘n wenner… keer op keer!

  • 1 kg suiker
  • 115 g (125 ml) botter
  • 250 ml vars melk
  • 25 ml gouestroop
  • knippie sout
  • 1 blik kondensmelk
  • 5 ml vanilla geursel

Plaas al die bestanddele, behalwe die kondensmelk en geursel in kastrol.
Roer dit met ‘n houtlepel en was al die suiker korreltjies aan die kastrol wand af.
Sit die deksel op, verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 min lank stadig.
Haal die deksel af en roer die kondensmelk in.
Roer goed totdat dit weer kook.
Moenie nou of later weer roer nie, want dan brand die mengsel aan.
Hou die kastrol oop.
Kook die mengsel 20/30 minute stadig tot goudbruin.
Laat dit 7 minute lank afkoel.
Roer nou die fudge met die houtlepel totdat dit begin styf word.
Voeg die geursel by.
Sprei dit vinnig oop op ‘n gesmeerde bakplaat van naastenby 35 x 25 cm.
Wanneer amper styf, trek riffies daarop met ‘n vurk.
Sny in blokkies voordat dit te hard is.

Resep: Christina  Cloete
Foto: Heidi Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page