Your Recipe Blog

3 in 1 PERI-PERI SOUS

3 in 1 PERI-PERI SOUS

(My eie resep)

  • Peri-Peri konsentraat (op die foto, middel)
  • 500 g vars rooi rissies
  • 500 ml goeie olyfolie
  • 250 ml vars suurlemoensap
  • 2 eetlepel sout
  • 1 heel knoffelbol, geskil en kleiner gekap

Droog die rissies 4 dae lank in die son op ‘n bakplaat.
Was rissies onder lopende water en verwyder stingels.
Maak goed droog met handdoek papier en droog verder in die oond teen 70 ºC tot rissies geen water op het nie.
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n pasta.
Bottel in gesteriliseerde bottels.
Nie nodig om in die yskas te bere nie.

HIERDIE PASTA IS DIE BASIS VIR DIE VOLGENDE SOUSE:

  • Peri-Peri sous vir seekos/ hoender (Links op die foto)
  • 200 ml margarien (jy kan botter ook gebruik maar dit maak hom baie ryk)
  • 50 ml kookolie
  • 60 ml vars suurlemoensap
  • 1 teelepel visspeserye, of na smaak
  • 3 knoffelhuisies, gekap, of na smaak
  • 6 teelepls Peri-Peri konsentraat (gooi bietjie en proe eers)
  • rooi voedselkleursel, tot die regte kleur verkry is

Meng alles in ‘n mikrovaste beker en kook vir 2 min.
Verwerk met ‘n “stickblender” tot glad en goed deurgemeng.
Bedien dadelik saam vis of garnale.

Nota:
Vir hoender- vervang vis speserye met hoender speserye en ½ teelepel salie.

  • Peri-peri Tafelsous (regs op die foto)
  • 250 ml kookolie
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 teelepel komynpoeier
  • 1 eetlepel paprika
  • 2 teelepels sout
  • 4 teelepels Peri-Peri konsentraat, of na smaak
  • rooi voedsel kleursel

Meng alles in ‘n beker.
Verwerk met ‘n “stickblender” tot glad.
Proe en pas aan na jou smaak.
Bottel en bere in die yskas.

Nota:
Baie lekker oor aartapelskyfies en biefstuk.

Foto en resep:  Piet Pompies

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page