3 BESTANDDELE MUFFINS
- 2 koppies bruismeel
- 1 koppie melk
- 4 eetlepels mayonaisse
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Meng al die bestanddele saam en verdeel die deeg in 6 holtes van ‘n gesmeerde groot muffinpan.
Bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar.
Nota:
Vervang melk met gegeurde jogurt vir ‘n lekker geur.
Kan ook in die 12 gaatjie pan gebak word vir kleiner muffins, pas baktyd aan.
Resep en foto: Riana Du Plessis
Hoof foto: Heloise De Beer