HEERLIKE KOLWYNTJIES
Resep en foto: Madelein Van Greunen
Ek gebruik hierdie versiering vir al die koeke wat ek bak.
- 3 eiers
- 1 koppie suiker
- ½ koppie kookwater
- ½ koppie kookolie
- 2 koppies koekmeel
- 5 ml vanilla geursel
- 3 teelepels bakpoeier
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Klits die eiers en suiker saam. Voeg die olie en kookwater by en meng goed.
- Meng die meel, vanilla en laastens die bakpoeier goed.
- Voeg die meelmengsel by die vloeistofmengsel en meng goed.
- Vul 12 kolwyntjie houertjies halfpad.
- Bak vir 20 minute.
- VERSIERSUIKER
- 1 blok wit Wooden Spoon margarien
- 1 kg versiersuiker
- 2 teelepels kookwater
- 2 teelepels vanilla geursel
- Die margarien moet kamertemperatuur wees.
- Klits die margarien met jou elektriese klitser baie goed.
- Voeg die kookwater en die vanilla by en klits baie goed.
- Deel die versiersuiker in 3 dele en voeg 1 deel op ‘n slag by, klits goed na elke byvoeging.
- Klits nog vir so 3 minute.
- Nou kan jy enige kleursel byvoeg wat jy ookal wil en versier.
- Plaas in die yskas vir so half uur om goed te stol.
- Die versiersuiker bly redelik stabiel.
Category:

