Your Recipe Blog

SUIDWES MELKTERT

Cook: ± 20 minute | Servings: 2 x 1 liter terte of 1 x 28 cm deursnee tert

SUIDWES MELKTERT

Daar is net een resep wat ek elke keer perfek laat uitkom hulle noem hom die Suidwes . Die resep maak 2 melkterte, maar ek gebruik 1 groot 28cm springform pan om een groot melktert te bak.

  • Kors:
  • 125 g margarien
  • 60 ml witsuiker
  • 1 eier
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • Vulsel:
  • 1,5 liter melk
  • 60 ml (50 g) margarien
  • 4 eiers
  • 250 ml witsuiker
  • 150 ml mielieblom
  • 125 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 5 ml vanilla geursel
  • kaneel

Kors:
Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby.  Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel.  Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met ‘n volume van 1 liter of in een “springform” pan met ‘n deursnee van 28 cm.  Prik die korse en hou dit eenkant.

Vulsel:
Kook die melk en botter of margarien in ‘n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik.  Voeg die mielieblom, koekmeel, sout en vanilla geursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie.  Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel.  Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel.  Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook.  Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel ‘n paar minute staan.

Wanneer vulsel effens afgekoel het, giet die louwarm vulsel in die 2  x 1 liter rou kors(e) of in die 28 cm “springform” pan. Sif kaneel oor.
Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180 ºC totdat die korse gaar is.

Resep en foto’s:  Liezel Willers
Foto 3 – Ek’t vandag kortpad gevat en die smeerkors gedoen, was nie lus vir vingers wat brand as ek deeg vasdruk . Een beslag soos in my resep was genoeg vir die oondpan. Ek sal by original resep hou en nie smeerkors doen, aangesien ek smaak my my smeerkors te dik aangesit het en dit toe my rys van die tert belemmer het om half oor die beslag te gaan lê toe dit begin bak. Hy rys gewoonlik lekker hoog. Ek’t ook nie my normale oond gebruik (wag al n week vir n nuwe ene) en het ‘n solardom LG oondjie gebruik waarmee ek nog nie so lekker vetroud is mee nie. Hy lyk lekker en reg, wag nou dat hy afkoel. Ek het die bak tyd na 25 min verander, aangesien hy nie orals kleur gekry het in die oondjie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page