Your Recipe Blog

WEEKSAAND KONKOKSIE

WEEKSAAND KONKOKSIE

Vanaand se vinninge vullende ete. Shakshaka noem hulle dit.

  • 2 uie, gekap
  • olie vir braai
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 teelepels kerriepoeier
  • 2 teelepels suiker
  • 100 ml rooiwyn
  • 2 blikkies tamatie
  • 2 blikkies “baked beans” in tamatiesous
  • oorskiet boerewors, braaivleis, gebraaide spek, weense worsies of boeliebeef in stukkies gesny, opsioneel
  • sout en peper na smaak
  • 2 eiers per persoon

Braai uie en knoffel tot sag in ‘n swaarboompot.
Voeg kerrie by en braai vir paar minute.
Voeg rooiwyn, suiker, blikkies tamatie, sout, peper, “baked beans” en oorskiet boerewors, braaivleis, gebraaide spek of boeliebeef in stukkies gesny by en prut op ‘n lae hitte tot verdik.
Maak holtes in die mengsel en breek die eiers in die mengsel in die pot oop.
Prut stadig tot eiers gestol het.
Garneer met pietersielie.
Bedien op geroosterde brood, rys of stampmielies.

Resep en foto: Louw LP Senior

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page