Your Recipe Blog

Interesting Stories

DIE OORSPRONG VAN MARIE BESKUITJIES SE NAAM

3 Comments

Marie beskuitjies is seker een van die mees bekendste beskuitjies in Suid Afrika. Elkeen van ons het groot geword met hierdie beskuitjies in ons huise. Marie beskuitjies gesmeer met karamel is enige soet tand se liefling en sy gaan lekker saam met Tee en Koffie. As kind het ek altyd gewonder na wie hierdie beskuitjie vernoem was. Ek was altyd onder die indruk dat dit ‘n eg Suid Afrikaanse beskuitjie was en dat die naam dalk na ‘n boere nooi genaamd Marie verwys het of miskien was sy die dogter van die bakker wat die Marie beskuitjie vervaardig het. Ek was egter geensins na aan die waarheid nie.
In 1850 het die beskuit industrie in Brittanje, soos ander gedurende die Industriële Rewolusie, vinnig gegroei en was vervaardigers in kompetisie om hul beskuitjies die top verkoper onder die massas te maak. Smaak, kwaliteit en bekostigbaarheid was die wagwoorde van die beskuit industrie in Brittanje. Reklame en bemarking van jou produk was egter ewe belangrik.
In 1885 het koningin Victoria se seun Alfred in die huwelik getree met die Russiese Keiser Alexander II se dogter Marie Alexandrovna. Hierdie geleentheid is deur die Britse beskuit vervaardiger, Peek Frean aangegryp om ‘n beskuitjie ter ere van die geleentheid te loods. Gevolglik is die rant van die beskuitjie met ‘n tipiese Russiese sleutelpatroon versier en Marie se naam is in die middel van die beskuitjie aangebring. Die beskuitjie was bemark as die beste vanilje gegeurde beskuitjie om saam met Tee te geniet. Die Marie beskuitjie was ‘n reuse sukses en is later ook deur die maatskappy Huntley & Palmer vervaardig wat uiteindelik met Peek Frean sou saamsmelt.
In 1883 het J.M.L Baumann die eerste beskuit fabriek in Brickhill Straat in Durban geopen en het slegs harde beskuit, genaamd “hard tack” vir gebruik op skepe, vervaardig. Nadat ‘n tweede fabriek geopen is, het Bauman besluit om beskuitjies vir die fynproewer te maak. In 1895 word die eerste Marie beskuitjies in Suid Afrika geproduseer en word dit in blikke aan die publiek verkoop teen ongeveer 5 sent per blik. Teen 1910 het die Baumann maatskappy besluit om hul Marie beskuitjies te verbeter sodat dit selfs die oorspronklike resep, soos deur Peek Frean gebruik, sou oortref. Hul poging was ‘n reuse sukses en sou die Marie beskuitjie ‘n ere plek inneem saam met baie ander volkseie beskuitjies. Marie beskuitjies was gedurende beide Wêreldoorloë aan soldate gestuur en selfs troepies op die Grens kon haar geniet wanneer kospakkies vanaf die ouerhuis ontvang was.
Marie sou onder verskeie handelsmerke in Suid Afrika verskyn, maar Baumann’s en Bakers se Blue Label resep bly seker die gewildste. Marie beskuitjies word vandag in 45 lande wêreldwyd geniet.

Inligting verskaf deur Cherise Steenkamp
Bron : Boere Geskiedenis leef.

MARIE BISCUITS RECIPE – HOW TO MAKE MARIE BISCUITS AT HOME

Marie biscuits can be made easily at home. This biscuits taste so good just like the real ones. This biscuits can be stored in a air tight container for 3 to 4 days.
Serves: 15 cookies

  • 30 grams unsalted butter
  • ⅛ cup (30 ml) milk
  • 1¼ cup (150 grams) all purpose flour /
  • Salt a pinch
  • ¼ cup (50 grams) sugar –
  • ¼ tsp Baking Soda

MY 1 CUP MEASURES 240 ml
Take milk, sugar, baking soda in a sauce pan and heat it up.
Cook till sugar melts and it comes to a good boil. Take it off the heat and set aside to cool.
Preheat oven to 160ºC.
Take flour, butter and salt in a bowl. Use a fork to rub the butter into the flour.
Once it is mixed, add the liquid and form into a dough.
Now take a portion of dough and roll it thin.
Cut it using round cutter.
Arrange it in a baking tray which is lined with parchment paper and bake for 8 – 10 mins.
Remove and cool on a wire rack completely.
Store in an air tight container.
Recipe source: https://www.yummytummyaarthi.com/marie-biscuits-recipe/

3 comments on “DIE OORSPRONG VAN MARIE BESKUITJIES SE NAAM

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page