Your Recipe Blog

XANDRI SE YSKAS BRUINTJIES (BROWNIES)

XANDRI SE YSKAS BRUINTJIES (BROWNIES)

  • 250 g botter/margarien (Stork to bake werk goed)
  • 500 g versiersuiker
  • 80 – 100 ml kakao
  • 2 eiers
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 pakkies Mariebeskuitjies, in stukkies gebreek

Smelt die botter/margarien in die mikrogolf tot sag, maar nie loperig. Sif die versiersuiker en kakao by die botter. Meng die eiers by en meng goed deur.
Sit in mikrogolf vir 1 minuut. Roer deur en mikrogolf weer vir 1 minuut.
Voeg die vanilla geursel by en roer goed.
Voeg die Marie beskuitjies by. Roer alles goed deur en skep in ‘n pannetjie en maak gelyk. (ek spray en cook die pannetjie eers).
Sit die pannetjie in die yskas tot hard.
Haal uit vir so 15 min en sny dan as dit nie so kliphard is nie.
Pak in ‘n bak met ‘n deksel en sit terug in yskas.

Foto en resep: Xandri Beukes

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5