Your Recipe Blog

WORSPOTJIE

WORSPOTJIE

  • 500 g wors, druk uit in klein bolletjies
  • 1 koppie rou rys, in warmwater gegooi
  • 3 medium aartappels, in klein blokkies gesny
  • 3 tamaties, in blokkies gesny
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 3 knoffeltoontjies, fyngekap
  • 1 bees sousblokkie
  • 1 eetlepel Bisto indien nodig
  • ½ teelepel kerriepoeier
  • 2 eetlepels asyn of suurlemoensap
  • sout en peper na smaak
  • droë origanum na smaak

Braai ui tot deurskynend, voeg knoffel by en braai verder.
Voeg die bolletjies wors by en braai.
Voeg al die ander bestandele buiten die Bisto en rys by, roer, sit die deksel op.
Kook so vir 10 minute, strooi dan die rys bo-oor die kos, daar moet genoeg vog wees.
Sit weer die deksel op en prut tot aartappels en rys gaar is.
Indien dit te souserig is, meng Bisto met water uit die pot, meng by en roer.
Prut tot verdik.

Nota:
Jy kan fyn groente bygooi.

Resep en foto: Ronell Muller Boshoff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5