Your Recipe Blog

WIT SJOKOLADE EN SOUT KARAMEL KAASKOEK

by Your Recipe Blog

WIT SJOKOLADE EN SOUT KARAMEL KAASKOEK

Maak hierdie kaaskoek tot 2 dae voor die tyd en bêre in yskas om goed te stol. Sit voor teen kamertemperatuur.

  • Kors:
  • 10 mini-karamel rolkoekies
  • Vulsel:
  • 300 g wit sjokolade, gekap
  • 250 ml room
  • 3 x 230/250 g bakkies geroomde maaskaas
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 60 ml suurlemoensap
  • 15 ml gelatien
  • 60 ml koue water
  • Soutkaramel:
  • 1 x 390 g blik karamel kondensmelk
  • 3 ml seesout
  • 250 ml room
  • gekaramelliseerde springmielies, grof gekapte en geroosterde haselneute vir oorsprinkel

Voer ‘n gesmeerde 24 cm losboomkoekpan uit met kleefplastiek en bespuit liggies. Sny elke rolkoekie in vyf ewe dik skyfies. Pak die skyfies styf teen mekaar op die boom en teen die kante van die pan. Druk dit goed teen die kante vas dat dit vassit. Hou eenkant. Smelt die sjokolade en room oor lae hitte (of teen 30% krag in mikrogolf) tot glad. Laat effens afkoel en klits die maaskaas, vanieljegeursel en suurlemoensap by.
Sprinkel die gelatien oor koue water en laat staan vir 5 minute om te spons. Smelt oor kookwater of in die mikrogolf en voeg by kaasmengsel. Meng deeglik. Giet die vulsel in die pan, bedek en verkoel ten minste oornag.

Vir die Soutkaramel:
Klits die karamelkondensmelk en seesout saam en verkoel. Klits die room styf en vou by die karamelkondensmelk in. Bedek en verkoel. Skep die karamel op kaaskoek net voor opdiening. Versier met karamelspringmielies en neute.

Resep geplaas deur: Hannetjie Smit

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5