Your Recipe Blog

WIT-, MELK- OF DONKER SJOKOLADEMOUSSE

| Servings: 16 porsies

WIT-, MELK- OF DONKER SJOKOLADEMOUSSE

Hierdie is ‘n lang storie, maar beslis die moeite werd.

  • 1 liter melk, gedeel in 800 ml in ‘n kastrol en 200 ml in ‘n groot mengbak
  • 180 ml suiker
  • 85 g Maizena (gramme)
  • 6 eiergele
  • 5 ml vanilla ekstrak
  • sout
  • 30 g botter
  • 300 g goeie kwaliteit sjokolade of Couverture van jou keuse (Lindt, Callebaut, Cacao Barry, Valrhona, Gihardeli)
  • 500 ml room
  • 20 g gekristalliseerde gemmer, fyngekap en opsioneel
  • 2 kardamompeule, gekraak en opsioneel

Spoel ‘n kastrol uit met kouewater. Giet die 800 ml melk in die kastrol, asook die helfte van die suiker.
Indien jy die gemmer en/of kardamom gebruik voeg dit by die melk en verhit.
Meng die 200 ml melk met die ander helfte van die suiker, maizena, eiergele, vanilla en sout.
Sodra die melk in die kastrol net onder kookpunt is, verwyder die kardamom en/of gemmer en temper die warm melkmengsel by die eiergeelmengsel in.
Giet die hele mengsel terug in die kastrol en kook oor lae hitte terwyl dit geroer word. Moenie wild klits nie.
Sodra die mengsel kook, verwyder die kastrol van die hitte en roer die botter by die warm mengsel in.
Plaas die sjokolade van jou keuse in ‘n mengbak en giet die warm mengsel oor die sjokolade “callets” en laat smelt die sjokolade.
Roer af en toe totdat jy seker is die sjokolade is gesmelt.
Giet die sjokolade- en melkmengsel in ‘n plat glasbak en bedek die oppervlak met kleefplastiek.
Verkoel die mengsel tot yskoud, verkieslik oornag in die yskas.
Plaas die koue mengsel terug in ‘n mengbak.
Klits die room tot styf en vou die room in 2 sarsies by die sjokolademengsel in.
Skep die mousse terug in ‘n glasbak en plaas in die yskas.
Hou die mousse verkoel tot bedieningstyd.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5