Your Recipe Blog

WIT BROODROLLETJIES

Recipe by
Prep: 30 min | Cook: 15 min | Servings: 6 rolletjies

WIT BROODROLLETJIES

Ek wil net weereens dankie sê aan hierdie groep. Ek het laas naweek ‘n resep gevra vir broodrolletjies om worsbroodjies te maak. Het die een resep vandag probeer en baie tevrede. Het hamburgers gemaak vanaand, sal môre worsbroodjies maak.
Ek het die resep verdubbel, maar net 1 pakkie gis gebruik. Het 6 ronde en 6 lang buns gemaak.

  • 500 g gewone koekmeel
  • 1 sakkie kitsgis
  • ½ teelepel sout
  • 1 eetlepel strooisuiker
  • 350 ml melk
  • 25 g botter
  • glaseersel van ‘n eier, knypie sout en 1 eetlepel melk gemeng

Meng die meel met die gis, sout en suiker in ‘n groot bak. Verhit die melk en botter totdat die botter begin smelt. Voeg die melkmengsel by die droë bestanddele.
Meng en voeg nog meel by as die deeg te nat is. Knie tot glad.
Sit in ‘n gesmeerde bak, bedek en laat staan die deeg op ‘n warm plek vir ‘n uur om te rys (tot dubbelgrootte).
Knie af en sit op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is. Vorm ses burgergrootte rolletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bedek en laat staan 30 minute om te rys. Meng die eier, sout en melk en smeer dit aan die bokante van die rolletjies. Bak 15 minute by 220ºC.

Resep: Brineel du Toit
Foto: Henda Joubert
Foto 2:  Henda Joubert – Hierdie resep was weereens ‘n wenner! Het gewonder of ek dalk my eie knoffelbroodjie met die deeg sal kan maak en dit het gewerk. Het resep verdubbel en 2 broodjies en 6 “Roosterkoeke” gemaak. Het nie kans gesien om op kole te bak nie nie so is oond toe, maar is platter as hamburger rolletjies want ek wil braaibroodjies daarmee maak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5