Your Recipe Blog

WILMA SE “MOERBY” SOUTTERT

WILMA SE “MOERBY” SOUTTERT

Ek het middeloorontsteking in albei my ore en buurvrou vra of ek ASSEBLIEF vir hulle”iets” kan maak vir ete, want sy het griep. (Hulle hoofmaaltyd word in die middag geniet) Toe maak ek ‘n moerby-tert. En sommer een vir my ook.

  • Deeg: (meng alles saam en hou eenkant)
  • 1 koppie koekmeel
  • 1.5 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 50 ml kookolie
  • genoeg water om ‘n slap degie te maak
  • Vulsel:
  • 1 bos spinasie, skoon gemaak, wit gedeelte uitgesny en opgekap
  • 2 groot uie, in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, opgekap
  • 1 bakkie (omtrent 20) klein tamatietjies, gehalveer
  • ½ bakkie sampioene, opgesny
  • 2 pakkies “bits of bacon”
  • 4 eiers, geklits
  • 1 koppie Cheddarkaas
  • sout, peper, braaispeserye en vars knoffel, na smaak

Braai “bits of bacon” tot gaar en krakerig. Haal uit die pan, en sit eenkant.
Braai die uie, groenrissie, sampioene in die panvet saam met al die speserye en die knoffel. Skep die “bits of bacon” terug in die pan, voeg die tamaties en opgekapte spinasie by en roerbraai tot gaar.
Smeer 2 tertborde van 1 liter volume met botter.
Skep ‘n lagie deeg onder in die bord en skep die vulsel in. Gooi geklitse eier oor en 1 koppie cheddarkaas.
Versier met tamaties.
Bak in ‘n warm oond by 180°C tot goudbruin en gaar.
Bedien soos verkies.

Foto en resep:  Wilma Josey Venter

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5