Your Recipe Blog

WENNER SPONSKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute | Servings: 2 koekpanne

WENNER SPONSKOEK

Om koek te bak is lekker. Vandag deel ek met jou ‘n lekker gewone sponskoek resep en die outjie kan jy versier nes jy verkies!

  • Sif saam:
  • 2 koppies koekmeel (Ek gebruik een-en-drie-kwart koppies koekmeel en vul dit aan tot twee koppies met kakao)
  • 4 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • Kook saam en laat afkoel:
  • ½ koppie kookolie
  • ½ koppie melk
  • ½ koppie water
  • Klits baie goed saam:
  • 4 eiers
  • 1 ½ koppie suiker

Vou meelmengsel by eiermengsel.
Voeg gekookte melkmengsel bietjie-bietjie op ‘n slag by en klop goed.
Mengsel genoeg vir twee panne.
Bak 35 minute of tot koeke gaar is by 180 °C.

Nota:
Hierdie koek vries baie goed.
GENIET!

Resep en fotos: Lenore Combrink

Category:

One Review

  1. celia hart

    kan die koek ook in airfryer gebak word

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5