Your Recipe Blog

WENKE VIR HOL VETKOEKE

WENKE VIR HOL VETKOEKE

http://yourrecipeblog.com/recipes/hol-vetkoeke/

Paul Horsford:
Ek rol die deeg plat met ‘n koekroller, sny dan die deeg in vierkante en plaas dit in die olie. Dit vorm ‘n sakkie waarin ek my kerrie maalvleis skep.

Jeanette van Leeuwen:
Jou resep en tegniek moet reg wees. My moeder maak die heerlikste vetkoek en sy het my ook die “trick” gewys. Die vetkoek moenie te groot wees nie, rek die deeg oop en voeg dit in die olie. Wanneer die vetkoek opkom, draai dit dadelik om, dan pof die vetkoek en siedaar, ‘n hol vetkoek!!

Corrie Volschenk:
Ek rol die deeg uit tot so amper 2 cm dik. Dan sny ek met n mes die deeg in vierkante. Wanneer die olie warm is, plaas die vierkante in die olie, met die kant wat bo gelê het, eerste in die olie.

Rina Kleinhans:
Daar is twee goed wat ek definitief op die groep geleer het wat werk en dit is, dat die deeg moet dun uitgerol wees, druk dit dan af met ‘n blikkie wat altwee kante oop gesny is, (ek glo sny met ‘n mes, sal dieselfde doen), dit seël die kante, dan trek jy die deeg lekker voor jy dit in die olie plaas, en die tweede raad is, skep die hele tyd warm olie oor die vetkoek, dan blaas hy op soos ‘n blaasoppie… en voila

Susan Fourie Maré:
My moeder sin was altyd hol. Sy het weer gesê, knyp jou bolletjie deeg af en rek dit uit met jou vingers tot plat en die grootte wat jy verkies, moenie die deeg weer laat rys nie, bak dit direk in die olie,.

Yolandi Ferreira:
Wat ek doen is, ek rol dit ook dun uit en sny in vierkante. Dan maak ek dit toe dat die deeg ‘n rukkie staan. As ek dit dan in die olie plaas, gebruik ek ‘n lepel en skep van die warm olie bo-op die vetkoek. Dit veroorsaak dat die vetkoek hol is binne in.

Barbara Burrell:
Ek knyp bolletjies deeg af, rol en rek dit uit met my vingers, moet nie sy asem uitdruk nie, bak dan direk in die warm olie.

Ronel Botes:
Die geheim van ‘n hol vetkoek is om nie te dik stuk deeg in die olie te sit nie. Dit moet ook nie gediep braai word nie. Plaas ‘n deksel op, indien dit ‘n glasdeksel kan wees, nog beter. Dan kan jy sien hoe die deeg rys. Na ‘n rukkie, draai die vetkoek om en plaas weer die deksel op tot jy dink die vetkoek is gereed.

Annie Van Zyl Knoesen:
Die deeg moet styf wees. So dit word gemaak van kniedeeg. Deeg plat uitgerol of uitgerek. Net so 1 cm dik. En siedaar, koevertjie koekies soos my kleindogter sê.

Charmaine Human:
Ek knie die vetkoek deeg af na dit gerys het. Vorm bolle deeg en plaas die bolle op ‘n olie oppervlak. Dan maak ek ‘n vadoek warm in die mikrogolfoond en plaas die warm vadoek oor die bolle deeg. Laat die bolle deeg staan vir so 10 minute om weer te rys. Verhit intussen die olie. Ek trek elke bol deeg tot dit so groot is soos ek verkies en braai die getrekte bolle in die warm olie. Dit vorm ‘n holte en daarin skep ek die maalvleis.

Foto: Hettie Bezuidenhout – Weet nie wat vanaand aangaan met my vetkoeke nie. Hulle kom altyd hol maar die is HOL. Hoog uitgepof en niks binne nie net dop. Is lekker en baie plek vir die maalvleis.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5