Your Recipe Blog

WAYNE SE BOLOGNAISE

WAYNE SE BOLOGNAISE

Elkeen glo aan sy eie bolognaise geheim. Hierdie een werk vir my!
Maak dit so ‘n paar dae vooruit en vries dit wat oorbly!
Hierdie bolognaise sous is perfek vir die maak van lasagne.
Heerlik op broodjies en in jafels.
Goeie opsie vir ontbyt.

  • 50 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 2 eetlepels Italiaanse gemengde kruie
  • 4 lourierblare
  • 2 – 3 rooi uie, in blokkies gesny
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g maalvleis (ek gebruik steak mince – nie lean nie)
  • 1 koppie witwyn (ek gebruik Paarl Perle)
  • 3 – 4 preie (leeks), in fyn ringe gesny
  • 2 pakkies ontpitte swart/calamata olywe, in ringe gesny
  • 1 eetlepel tamatie pasta (een pakkie)
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 blik tamatie puree
  • 1 blik gekapte tamatie
  • 1 blokkie bief Knorox in 1 koppie water opgelos
  • gemaalde growwe sout na smaak
  • gemaalde swart peper na smaak

Smelt die botter in die olyfolie. Sit die lourierblare in. Sodra die lourierblare begin ‘braai’ kom die gemengde Italiaanse kruie by. Braai vir so 20 sekondes.
Sit die uie en knoffel by. Braai tot sag en begin verkleur. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot dit begin verkleur. Voeg die preie en olywe by. Roer deurmekaar.
Sit die witwyn by en kook tot dit met die helfte verminder het.
Voeg die tamatie pasta en suiker by. Meng goed deur.
Sit die tamatie puree by en meng goed. Gooi die gekapte tamatie by roer deur. Spoel die tamatie puree blikkie uit met die opgeloste bief ekstrak, en voeg by die mengsel.
Geur met sout en swart peper na smaak.
Stel die hitte af en prut vir ‘n uur en ‘n half. Roer elke half uur.
Proe met elke roer of daar nog sout en swart peper nodig is.
Bedien op pasta met bechemel sous (optioneel) en Parmasan.

Resep en foto: Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5