Your Recipe Blog

WARM LEMOENTERT

Recipe by
Cook: 25-30 minute

WARM LEMOENTERT

  • 1 ½ koppie koekmeel
  • ¾ koppie suiker
  • ¾ koppie melk
  • 3 eiers
  • 4 eetlepels botter
  • 1 ½ teelepel bakpoeier
  • ¼ teelepel sout

Klits eiers goed. Voeg suiker geleidelik by en klits tot romerig. Bring melk tot kookpunt en smelt botter daarin. Sif meel, bakpoeier en sout by eiermengsel. Meng goed. Voeg kokende melk en botter by. Bak in matige oond vir ongeveer 25-30 minute.

  • Stroop – kook die volgende saam:
  • 2 koppies suiker
  • 2 eetlepels botter
  • 1 koppie water
  • Voeg by:
  • 1 koppie lemoensap
  • 2 teelepels gerasperde lemoenskil

Kook alles saam vir 5 minute. Laat effens afkoel en voeg die lemoensap en  gerasperde lemoenskil by. Prik die tert met ‘n vurk en skep die warm stroop oor die warm koek.
Geniet met vla of roomys.

Bron: Resepte van Heinde en Ver. Saamgestel deur wyle Elize Botha.
Resepte wat sy by vroue van Parlementslede gekry het.
Resep geplaas deur Hettie Theunissen
Foto: Pauline Saunders

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5