Your Recipe Blog

WAATLEMOEN PLAKKE

WAATLEMOEN PLAKKE

Ons het gister ‘n waatlemoen gebraai. Dis nogal ‘n proses maar beslis ‘n probeer werd. Ideaal vir veganiste! Jy kan die waatlemoen heel of in stukke braai. In ons Hollandse kombuisie was stukke ‘n beter idee omdat ‘n groot waatlemoen onhandig is. Ons het dit met braaibroodjies en slaai geëet.

  • 1 waatlemoen ongeveer 5 kg, geskil
  • Marinade:
  • 2 teelepels Tahini
  • 4 eetlepels sojasous
  • 2 eetlepels balsamiese asyn
  • skil van ‘n lemmetjie
  • gekapte rissie, na smaak
  • 2 knoffelhuisies of meer
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • 2 eetlepels koljanderpoeier
  • 2 eetlepels paprikapoeier
  • 3 eetlepels sesame olie
  • knippie seesout

Skil die waatlemoen en smeer  sout in die stukke in.
Bak die waatlemoenstukke (plakke) in ‘n voorafverhitte oond teen 180ºC vir sowat 60 minute totdat die tekstuur verander.
Spoel die plakke in water af voordat dit in die marinade gaan.
Meng al die marinade bestanddele saam.
Marineer die plakke in die marinade en braai in ‘n knyprooster op die kole totdat die sous begin karameliseer.

Resep en foto:  Solet Scheeres

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5