Your Recipe Blog

VLEISROLLETJIES

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute | Servings: Ongeveer 56 pasteitjies

VLEISROLLETJIES

Maklikste vleisrolletjies wat ek jare vir Tuisnywerheid gebak het. Kan met gemak gevries word en is soos vars gebakte vleisrolletjie wanneer ontvries is. Kan ook ‘n hoendervulsel gebruik om hoenderrolletjies te maak.

  • Vulsel:
  • 1 kg maalvleis
  • ½ teelepel sout
  • ¼ koppie blatjang
  • ½ teelepel aromat
  • ¼ teelepel fyn naeltjies
  • ½ teelepel mosterd
  • ¾ pakkie Knorr se Saucy Meatballs of Meat Ball Maker
  • ½ koppie hawermout
  • 1 sny geweekte bruinbrood
  • Deeg:
  • 5 koppies koekmeel
  • 500 g yskoue botter of margarien (het Pnp Best 4 Bake margarien gebruik)
  • 50 ml asyn
  • 100 ml koue water
  • 2 eiergele
  • knippie sout

Vulsel:
Kook maalvleis, sout en blatjang saam. Sodra vleis deurgekook is, voeg die aromat, naeltjies en mosterd by.
Druk water uit brood en voeg by maalvleismengsel. Roer goed sodat daar geen heel stukkies brood wys nie.
Voeg die Knorr se Saucy Meatballs en hawermout by en meng. Laat prut vir nog een minuut.
Druk vleis in vlak pan of glasbakke plat. Vleis moet min of meer 1 tot 1.25 cm dik wees. Laat stol oornag in yskas.

Deeg:
Voeg sout by koekmeel en rasper botter of margarien in koekmeel in. Vryf die botter in die meel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
Klits asyn, kouewater en eiergele saam. Voeg watermengsel by koekmeel en sny vloeistof met slaplem mes in koekmeel in totdat al die vloeistof weg is.
Druk deeg aanmekaar en plaas in yskas oornag.

Rol deeg uit en sny vleis in stroke. Plaas stroke op uitgerolde deeg.
Vou toe en rol om. Waar deeg oorvleul, maak bietjie nat met kouewater dat pasteijie mooi seël en nie oopbars.
Plaas op bakplaat en verf met geklitste eier. Bak in oond by 180°C tot mooi bruin, hou maar dop, ongeveer 40 – 45 minute.

Laat heeltemal afkoel en sny in verlangde groottes.
Kry min of meer 56 vleisrolletjies uit aanmaaksel, hang af van grootte van rolletjies.

Resep en foto: Alta de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5