Your Recipe Blog

VLAKOEKIES MET MAIZENA

Cook: ongeveer 10 minute | Servings: 2,25 kg koekies

VLAKOEKIES MET MAIZENA

  • 500 g margarien
  • 2 koppies suiker
  • 5 eiers
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 6 koppies koekmeel
  • 1 koppie vlapoeier
  • 1 koppie Maizena
  • 5 teelepels bakpoeier
  • 2,5 ml sout

Sif die droë bestanddele saam en hou eenkant.
Room margarien en suiker saam. Voeg eiers en vanilla geursel by.
Voeg gesifte droë bestanddele by en meng om ‘n sagte deeg te maak.
Druk met koekiemaker of vleismeultjie die koekies.
Plaas die koekies op ‘n gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 10 minute by 180ºC.
Laat staan vir 5 minute, skep koekies uit met slaplemmes, plaas op ‘n skinkbord en laat heeltemal afkoel.

  • Vulsel:
  • 4 teelepels margarien
  • 1 koppie versiersuiker
  • 2 eeetlepels kookwater

Meng margarien met kookwater, voeg versiersuiker by en klits baie goed.
Smeer een koekie met vulsel en plaas ‘n tweede koekie bo-op.
Herhaal met al die koekies.

  • Alternatiewe vulsel:
  • 250 g botter/margarien by kamertemperatuur
  • 500 g gesifte versiersuiker
  • 1 eiergeel
  • 5 ml gliserien
  • ½ teelepel sout

Verroom die botter/margarien en  voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Voeg die eiergeel, gliserien en sout by.
Klits baie goed. Smeer taamlik dik tussen die twee koekies.

Foto: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5