Your Recipe Blog

VINNIGE ROSYNEBROOD

Recipe by
Cook: 50 minute

VINNIGE ROSYNEBROOD

  • 500 g bruismeel
  • knippie sout
  • 1 ekstra groot eier
  • 180 ml suiker
  • 250 ml pitlose rosyne
  • 100 g botter
  • 10 ml anyssaad
  • 5 ml fyn gemmer
  • 5 ml fyn kaneel
  • 500 ml warm, sterk swart tee

Voorverhit die oond tot 180ºC en bespuit ‘n broodpannetjie van 26 x 9 x 7 cm met kleefwerende kossproei.
Sif die bruismeel en sout saam.
Klits die eier liggies.
Plaas die res van die bestanddele in ‘n mengbak en giet die warm tee oor.
Roer die mengsel totdat die botter gesmelt is en laat afkoel.
Voeg die meel en eier by en roer tot gemeng.
Skep in die voorbereide broodpan en maak die bokant gelyk.
Bak 50 min lank tot gaar en ligbruin.
Laat effens in die pannetjie afkoel. Keer dan uit en laat verder afkoel.
Sit louwarm voor met botter en konfyt indien verkies.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5