Your Recipe Blog

VINNIGE KRAAKBESKUITJIES

Recipe by
Cook: 15 minute - 200ºC

VINNIGE KRAAKBESKUITJIES

Ek het dit gou vanmiddag hierdie resep probeer en dit is regtig vinnig en maklik.

  • 1 ¼ koppie volkoringmeel of koekmeel
  • ¼ teelepel uiepoeier (ek het ‘n teelepel witsoppoeier ingegooi)
  • ¼ teelepel knoffelpoeier
  • ¼ teelepel rissiepoeier
  • ¼ teelepel gewone of gerookte paprika
  • 4 eetlepels botter (ongeveer ‘n ¼ koppie)
  • ¼ koppie water
  • sout en peper vir strooi

Verhit die oond vooraf op 200ºC.
Strooi meel op ‘n bakplaat.
Meet die droë bestanddele uit in ‘n mengbak.
Sny of rasper botter in mellemengsel in en meng tot krummelmengsel.
Voeg water by en meng deur tot ‘n deeg.
Rol deeg dun uit en sny in vorms van jou keuse.
Strooi met sout en/of peper en bak vir 15 minute.

Wenk:
Ek doen hierdie deegmengsels gewoonlik in my voedselverwerker indien jy een het.

Resep en foto: Bernadene Prinsloo

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5