Your Recipe Blog

VINNIGE KORSLOSE SOUTTERT

Cook: ± 30 minute | Servings: 8

VINNIGE KORSLOSE SOUTTERT

As jou tyd min en jou huismense honger is, is hierdie resep net die ding! Vinnig en maklik.

  • 30 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 125 g sampioene, gesnipper
  • 125 g geurige kouevleis, soos salami, gaar spekvleis of gerookte ham, gesnipper
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 1 wiel Fetakaas, gekrummel
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 80 ml bruismeel
  • sout en swartpeper na smaak
  • 4 eiers, geklits
  • 375 ml melk

Voorverhit die oond tot 190 ºC en smeer ’n middelslag-glasbak (30 x 20 x 5 cm). Verhit die olie en braai die uie en sampioene tot gaar. Laat effens afkoel en roer die kouevleis, kase en pietersielie by. Sprinkel die meel, sout en peper oor en roer deur. Klits die eiers en melk saam en voeg by meel- en vleismengsel. Roer tot goed gemeng.
Giet egalig in die voorbereide glasbak en bak vir ongeveer 30 minute, tot die tert ferm en goudbruin is. Laat effens afkoel en sit voor met ’n mengelslaai.

Nota:
Met bogenoemde beslag bak ek gewoonlik 2 middelslag terte.

Resep en fotos: Anne de Lange

One Review

  1. Maryna.burger

    Heerlik

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5