Your Recipe Blog

VETKOEK VIR 2 MENSE

| Servings: 6

VETKOEK VIR 2 MENSE

Sien die wenke onderaan!!

  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 1 pakkie kitsgis
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel asyn
  • 50 ml kookolie
  • 200 ml louwater
  • Maizena vir uitrol

Plaas die bestanddele in ‘n mengbak en knie goed, laat rys tot dubbel. As jy ‘n broodmasjien of Kenwood het, gebruik dit om die deeg te knie. Anders sal jy maar moet GOED knie.
Strooi die oppervlakte met Maizena (mielieblom) en rol dan die deeg uit en druk die vetkoek uit met ‘n glas.
Bak in die warm olie. Olie moet nie te warm wees nie, anders is die vetkoek aan die buitekant gaar en nog rou binne.
Indien jy hierdie vetkoek hol wil hê, dan gebruik jy ‘n lepel en skep die warm olie op die vetkoek, sodra jy dit in die olie gesit het.

Wenke:
Indien jy die resep vermeerder, MOENIE die suurdeeg verminder nie, ek dink dit is waar die geheim lê, 1 pakkie suurdeeg is genoeg vir 1 kg koekmeel om te rys. So baie mense mag dalk dink die resep klink na baie suurdeeg. Maar ek dink dit is waar die geheim lê, 2 koppies meel, met die koppie geskep in die houer, nie met ‘n lepel vol geskep nie en 1 pakkie suurdeeg.

Dan gebruik mens 2 bottels van 750 ml kookolie, sodat die olievlak diep genoeg is.
Ons oumas het nie termometers gehad om die olie se temperatuur mee te meet nie. So wat het hulle gedoen? Maak die olie warm en gebruik dan ‘n klein toetsstukkie deeg om te kyk of die olie warm is. As jy die stukkie deeg ingooi, moet dit amper onmiddelik na bo kom. As dit onder bly lê, is die olie nog nie heeltemal warm genoeg nie. Gee nog ‘n minuut of so en toets weer. Die vetkoek moet ook nie dadelik bruin word nie, dan is die olie te warm.

Resep geplaas deur Meisie van der Colff en Riki Rich
Foto’s: Rina Kleinhans en Pikkie De Beer Els

Category:

One Review

  1. Magriet Jordaan

    Dankie vir hierdie kleinmaat resep!

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5