Your Recipe Blog

VARKTJOPS MET MURGPAMPOENTJIE- EN KOOL GRATIN

VARKTJOPS MET MURGPAMPOENTJIE- EN KOOL GRATIN

Nog n lekker vark resep….’n Vinnige en maklike aandete na n moeilike dag…

  • Varktjops:
  • 4 varklende tjops
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels paprika
  • 1 teelepel brandrissie vlokkies
  • 2 teelepels “allspice”
  • sout en peper na smaak
  • Kool en murgpampoentjie gratin:
  • 2 eetlepels botter
  • ¼ ui, gekap
  • ½ medium kopkool, gekap
  • 2 murgpampoentjies, in ringe gesny
  • 125 ml room
  • 75 ml gerasperde Parmesan kaas
  • 125 ml gerasperde Mozzarella
  • sout en peper na smaak

Meng die speserye en varktjops saam, en marineer so lank as moontlik.
Plaas in ‘n oondvaste bak en bak met deksel op vir 25 minute en oop vir 15 minute by 220˚C. Hou warm.

Kool en murgpampoentjie gratin:
Braai die ui in botter in ‘n oondvaste pot tot ligbruin. Voeg die kool en murgpapmpoentjies by en braai vir ‘n verdere 7 – 10 minute. Voeg die room, Parmesankaas en geurmiddels by en kook vir 5 minute.
Sprinkel die Mozzarella kaas bo-oor en bak bedek vir 25 minute in die oond by 220˚C.
Skep op en bedien.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5