Your Recipe Blog

VARKREPIES VIR DIE KOSBLIK

VARKREPIES VIR DIE KOSBLIK

  • Varkrepies:
  • 400 g varkfilet of lendeskyf in repies gesny
  • sout en peper
  • olie
  • 1-2 eetlepel knoffel en gemmerpasta
  • 2 eetlepels sojasous
  • 1/4 koppie soet brandrissiesous
  • paar druppels vissous
  • 1 – 2 lemmetjies se sap en skil
  • 250 g vermicelli-rysnoedels
  • Groente:
  • 250 kool en wortel repies
  • 60 ml elk gekapte sprietuie, vars ment en vars koljander blare
  • grondboontjies vir bo-oor sprinkel

Geur die vark vleis met sout en peper.
Roerbraai die vleis in ‘n bietjie olie saam met die knoffel en gemmerpasta tot net gaar. Voeg die sojasous, soetbrandrissiesous, vissous en die lemmetjiesap en skil by. Meng en laat afkoel.
Giet kookwater oor die rysnoedels en hou eenkant tot sag. Dreineer en voeg by die vark repies.
Skep in houer en laat afkoel.
Meng die vleis en groente net voor opdiening en sprinkel die grondbone oor.
Nota:
Moet nie soos ek maak en 2 suurlemoene se sap by sit nie. As jy dit oorkom sit net meer soetrissiesous by.

Resep geplaas deur Liezel Van der Merwe
Foto Liezel Van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5