Your Recipe Blog

VARKLENDE STEAKS MET BASILIEKRUID- EN KNOFFELSMEER

VARKLENDE STEAKS MET BASILIEKRUID- EN KNOFFELSMEER

  • 2 x 250 g varklende (sirloin steaks) 3 cm dik
  • Basiliekruid-knoffel Smeer:
  • 1 knoffelhuisie geskil en gepars
  • 30 ml Basiliekruid pesto (of vars basiliekruid verpulp)
  • 15 ml suurlemoensap vars uit gedruk
  • 15 ml olyf olie
  • 5 ml gemaalde sout
  • 2.5 ml gemaalde peper

Voeg die basiliekruid, knoffel, suurlemoensap, olie, sout en peper bymekaar en verwerk tot dun nat smeer.
Smeer albei kante van die varktjops met smeermengsel (hou bietjie uit om oor gaar snitte te smeer).
Laat die vleis 30 minute rus.
Braai op warm kole vir 4-5 minute aan ‘n kant eers op vetkant en dan op beide sykante of pan braai in bietjie olyfolie tot verlangde gaarheid. Verwyder van die hitte en skep die res van die smeermengsel oor. Bedek met foelie en laat staan paar minute.
Bedien.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5