Your Recipe Blog

VARK- EN KOOLPOTJIE

VARK- EN KOOLPOTJIE

  • 45 ml olie
  • 400 g varkvleis, in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 500 g kopkool, in repe gesny
  • 4 medium aartappels in blokkies gesny
  • 25 ml koekmeel
  • 25 ml asyn
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 25 ml suiker
  • 30 ml blatjang (sterk of gewoon)
  • sout en peper na smaak

Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die varkvleisblokkies. Skep uit en hou eenkant.
Sorteer die uie tot sag en glasig.
Voeg die kool, aartappels en vleisblokkies weer by.
Maak die meel met asyn tot ‘n pasta aan en klits by die aftreksel in.
Voeg die aftrekselmengsel, suiker en blatjang by die vleis.
Geur goed met sout en peper.
Laat opkook, bedek en laat stadig prut vir ongeveer 30 minute of tot die aartappels gaar is.
Moenie te veel roer nie, anders breek die groente op.
Dien op met rys en groente.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5