Your Recipe Blog

VANILLAPOEDING

VANILLAPOEDING

  • 3⁄4 koppie suiker
  • 1⁄4 koppie mielieblom (Maizena)
  • 2 1⁄2 koppies melk
  • 1⁄2 teelepel sout
  • 3 eiergele, lig geklits
  • 1 eetlepel botter
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • knippie kaneel, opsioneel

Kook die suiker, mielieblom, melk en sout saam in ‘n dubbelkoker.
Wanneer die mengsel dik begin word, voeg ‘n bietjie van die melkmengsel by die eiergele.
Voeg die eiergeelmengsel by die melkmengsel in die dubbelkoker.
Kook die vla tot dik, voeg botter en vanilla by.
Giet vlamengsel in bakkies of glase, laat afkoel en plaas in yskas tot gestol.
Strooi bietjie kaneel bo-oor of versier volgens smaak.

Nota:
Ek het die mengsel suskesvol in die mikrogolf gemaak. Gebruik slegs 60% krag en klits elke 45 sekondes.

Resep geplaas deur en foto: Bernadene Daniell Prinsloo

2 Reviews

  1. corrie van rooyen

    dankie sal dit probeer ma my hoeder snitzel bly n flop
    corrie van rooyen

    • Corrie ek verstaan nie hoekom jy op ‘n poeding resep praat van die snitzel nie, dalk kan jy my bietjie help.
      Die geheim van Schnitzel is dat nadat jy die krummels om gesit het moet dit tenminste 20 minute terug gaan yskas toe, hoe kouer dit is hie beter bak dit. Dan moet jy dit nie te gou omdraai nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5