Your Recipe Blog

TWEE HEERLIKE VRUGTEKOEKE

Cook: 60 - 75 minute | Servings: 2 Koeke ± 3 kg elk

TWEE HEERLIKE VRUGTEKOEKE

En toe bak ek my eerste vrugtekoeke in die Kaap. Die koek is so lekker ek sal die deeg ook kan opeet. Ek plaas die resep maar moet net sê hier is nie sommer ‘n hierjy brandewyn in nie. Hier was ‘n bottel van my oorlede man wat hier gestaan het vir lank en ek vat toe die besluit om met hom te bak.

  • Vrugtemengsel:
  • 500 g gebleikte sultanas
  • 500 g pitlose rosyntjies
  • 500 g korente
  • 500 g dadels
  • 250 g rooi kersies
  • 250 g groen kersies
  • 250 g lemoenskil
  • 100 g neute
  • 15 ml kakoa
  • 5 ml kaneel
  • 5 ml all spice
  • 400 ml brandewyn

Meng die vrugtemengsel en week oornag. Roer gereeld die mengsel om.

  • Beslag:
  • 500 g botter
  • 500 g (625ml) bruinsuiker
  • 12 eiers
  • 500 g koekmeel
  • 5 g sout
  • 5 g bakpoeier

Klits die botter en suiker saam tot romerig terwyl die eiers een vir een bygevoeg en na elke byvoeging, deeglik geklits word.
Sif die meel, sout en bakpoeier in ‘n aparte mengbak.
Vou die meelmengsel in die botter-eiermengsel in en meng deeglik deur.
Voeg die vrugtemengsel by die deegbeslag en meng dit goed deur.
Voer die bodem en sykante van 2 panne (24 cm deursnee en 7 cm hoog) met 3 lae bakpapier en verdeel die beslag tussen die 2 panne.
Bak vir 1 uur tot 1¼ uur teen 175 ºC of tot die koek gaar toets.
Haal uit die oond en keer uit die panne, verwyder die bakpaier en laat afkoel.

Resep en foto: Van Wyk Kotze Angelica

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5