Your Recipe Blog

TURKSVYSTROOP – KOMMENTAAR EN WENKE

TURKSVYSTROOP – KOMMENTAAR EN WENKE

Wenk 1: Susan Du Plessis Jordaan se wenke en voorstel vir unieke turksvystroop.
Hierdie is vir grootmaat. Konkas is groot, dit is ‘n 20 liter drom. Maar gebruik die formule genoem vir die hoeveelheel turksvye wat jy beskikbaar het. Ek het hier vier konkas ryp turksvye gebruik.
Vee doings af. Herhaal. Spoel af in water tot al die dorings af is.
Sny vrugte se bo en onderkant af., maar hou die skille aan. Halveer en plaas in groot pot met twee koppies water. Laat kook met deksel tot vrugte pap is. Dreineer deur ‘n groot sif.  Dreineer nou die sap deur ‘n doek.
Neem twee dele sap en een deel suiker om stroop te kook.
Voeg ‘n  ½ teelepel fyn gemmer per kooksel by en kook tot regte dikte. Bottel warm.
Indien rooi turksvye gebruik word, vertoon dit baie donker in die bottel.
Groot werk maar die moeite werd.

Wenk 2: Kook die bestanddele soos konfyt om dikker te word. Dit het van die begin af ‘n donker kleur.

Wenk 3: Kook die vrugte met skille aan tot dit sag is. Verwyder dan eers die skille.

Wenk 4: Wanneer die skille uitgehaal is, sif die kooksel met die groot  sif.
Filtreer die vloeistof nou deur ‘n doek.

Wenk 5: Ek begin om buite in ‘n seeppot te kook, dan kook ek die stroop en suiker in die kombuis.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5