Your Recipe Blog

TUNAROL MET HEELPIT MIELIES

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 2 rolle

TUNAROL MET HEELPIT MIELIES

Ek het nie meer skilferkorsdeeg gehad nie en het toe my Calzone pizza deeg gebruik vir die rolle se deeg, die dat hul effens oop geskeur het aan die kante.

  • 2 blikkies tuna, gedreineer
  • 1 blikkie heelpit mielies, gedreineer
  • ½ groot rooi ui, fyn gekap
  • 1 eetlepel vars pietersiele, gekap
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • ½ eetlepel volkoring mosterd
  • 2 eiers, gekook en opgesny
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak
  • 2 pakke skilferkorsdeeg
  • geklitste eier, gemeng met bietjie melk vir bo-oor smeer

Meng tuna, mielies, gekapte ui, pietersielie, eiers, gerasperde kaas, mayonnaise en mosterd saam vir vulsel. Voeg sout en peper by na smaak.
Verhit oond tot op 200°C. Rol ontvriesde skilferkorsdeeg effens platter en deel vulsel in die helfte. Smeer vulsel oor beide deeg velle. Rol gesmeerde velle op soos rolkoek en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Smeer tuna rolle met geklitste eier en bietjie melk.
Maak liggies insnydings met ‘n skerp mes bo op die rol.
Bak vir 30 minute of tot goudbruin.

Resep en foto: Chantal Theron

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5