Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE KARAMEL KONDENSMELK

Recipe by
Cook: 6 hours | Servings: 5 tins

TUISGEMAAKTE KARAMEL KONDENSMELK

Ek wil graag met almal deel, my kondensmelk wat ek in die “slowcooker” tot karamel kondensmelk gekook het.
Ek het ‘n sjokolade piesangbrood gemaak en het karamel kondensmelk nodig gehad, toe kook ek 5 blikkies kondensmelk vir 6 ure op hoog, in my prutpot. Pak die blikkies wat ooptrek met die bokant onder.
Maak seker die blikkies is heeltemal bedek met kookwater wanneer jy die prutpot aanskakel.
Dit is heerlik en beter as die gekoopte karamel kondensmelk. Xxx

Fotos en wenk: Fransie Krige

Ronelle Morgan
Ek kook 5 groot blikkies, vir 65 min op ‘n slag in my elektriese stoompot. Stel op “high”.

Hennie Jooste
Ek het ‘n groot pot en kook 16 blikke op ‘n slag. Kook hul vir 3 ure en los hul dan in die warm water tot hul afgekoel het.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5