Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE CHAKALAKA

TUISGEMAAKTE CHAKALAKA

Lekker Chakalaka saam met pap/vleis/pasta ens.  Gebruik ‘n wok of groterige kastrol.

  • 1 groot ui, gekerf
  • ½ groen/rooi of geel soetrissie, gekerf
  • 2 tamaties, gekerf
  • 3 grof gerasperde wortels
  • 2 teelepels kerriepoeier, of na smaak
  • 410 g boontjies in tamatiesous
  • sout en peper, na smaak

Braai die uie en soetrissie saam totdat die uie deurskynend is.
Vir medium kerrie voeg 2 teelepels kerrie by en braai ‘n minuut of 2, as jy van sterker kerrie hou, voeg meer by.
Voeg die tamaties, sout en peper by en braai ongeveer 2 minute.
Voeg die gerasperde wortels by en braai minuut of twee.
Voeg die blik boontjies in tamatiesous by en laat prut vir ongeveer 10 minute.

Nota:
Dit is heerlik saam met pap/worsbroodjies/vleis ensovoorts. Dit wat oorbly kan vir paar dae in yskas bewaar word in ‘n lugdigte houer.

Resep en foto: Christo Fourie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5