Your Recipe Blog

TOSKAANSE PENNE HOENDERPASTA IN DIE DRUKPOT

by Your Recipe Blog

TOSKAANSE PENNE HOENDERPASTA IN DIE DRUKPOT

  • 1 hoenderborsie
  • 2 teelepel paprika
  • 2 teelepel droë knoffel
  • 50 g botter vir vlakbraai
  • 1 ui, gekap
  • 125 g spek, gekap
  • 3 klein knoffelhuisies, gekap
  • 5 koppies hoenderekstrak
  • koppies melk
  • 2 teelepel gemengde droë kruie
  • 500 g penne pasta rou
  • 200 g roomkaas
  • 7 songedroogte tamaties in olie, gesnipper
  • koppie gerasperde parmesan of cheddar
  • 120 g baba spinasie gekap
  • sout en peper na smaak

Geur hoender met paprika en knoffel, en braai alkante in botter in die “instant pot” tot bruin. Haal uit. Braai die ui, spek en vars knoffel vir 3 minute in die drukpot tot deurskynend.
Voeg die hoenderekstrak, melk, kruie, pasta en hoender by, en kook vir 9 minute op die drukpot stelling. Laat die druk afloop.
Voeg die roomkaas by en meng totdat die roomkaas heeltemal gesmelt is.
Sny die hoender in stukkies en roer by die pasta in saam met die tamaties, parmesan, spinasie, sout en peper. Bedien met ekstra kaas.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5