Your Recipe Blog

TJOPSKASSEROL MET MACARONI

TJOPSKASSEROL MET MACARONI

  • 6 skaapboudtjops
  • sout en peper, na smaak
  • bietjie koekmeel
  • 250 ml water
  • 75 ml tamatiesous
  • 25 ml Worcestersous
  • 25 ml asyn
  • 5 ml suiker
  • 250 ml macaroni
  • 1 ui, gerasper
  • bietjie gerasperde Cheddar kaas

Voorverhit oond by 180ºC. Smeer groot oondkasserol met ‘n deksel of bespuit met kleerwerende middel.
Geur tjops met sout en peper en rol in koekmeel totdat heel bedek is.
Plaas langs mekaar in die kasserol.
Meng water, tamatiesous, Worcestersous en asyn saam. Gooi oor die tjops.
Strooi die suiker bo-oor, sit die deksel op en bak vir 90 minute.
Kook macaroni en ui saam in soutwater todat die macaroni sag is.
Skep die macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor.
Plaas kasserol terug in die oond en bak totdat die macaroni begin verbruin.

Resep: Driekie van Blerk
Foto: Leonie Scott

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5