Your Recipe Blog

TIRAMISO

TIRAMISO

My sondag poeding.

  • Roommengsel:
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 pakkie vanilla kitspoeding
  • ½ koppie koue water

Klits die bestanddele saam en sit in yskas vir 1 uur tot lekker gestol.

  • 500 ml room
  • lekker sterk swart koffie
  • Boudior koekies, vingerkoekies
  • kakao

Klits die room tot styf en vou in by die kondensmelkmengsel.
Maak lekker sterk koffie aan. Genoeg om koekies in te doop.
Doop die koekies een vir een in die sterk koffie en pak op die bodem van ‘n tertbak.
Smeer lagie van die room mengsel oor.
Strooi liggies kakao oor.
Pak nog ‘n lagie koekies en smeer weer ‘n laag kondensmelkvulsel, strooi weer kakao oor.
Hou so aan tot jou bak vol is.
Eindig met die room mengsel en garneer na smaak.

Nota:
Die laaste roommengsel kan mooi met ‘n spuitsak opgespuit word indien verkies.

Resep en foto: Anita Janse van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5