Your Recipe Blog

TINKIE SE BOEREBESKUIT

Recipe by
Cook: ± 45 minute

TINKIE SE BOEREBESKUIT

  • 2.5 kg koekmeel
  • 375 g margarien
  • 1 eetlepel anyssaad
  • 2 koppies suiker
  • 2 pakkies kitsgis
  • 1 rondvol eetlepel sout

Smelt botter in 2 koppies kookwater, voeg suiker by en roer tot opgelos.
Voeg ± 4 koppies kouewater by tot louwarm.
Meng die droë bestanddele en maak ‘n dammetjie in die meelmengsel.
Voeg die bottermengsel b en knie tot droog, deeg moet nie te styf wees nie.
Laat rys tot skottel lekker vol is.
Knie af, rol bolletjies en pak in beskuitpanne.
Laat rys tot panne vol is en bak by 150 ºC tot gaar, ongeveer ‘n driekwart uur.

Resep en foto: Tinkie Theron

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5