Your Recipe Blog

THAISE HOENDERKOEKIES 

THAISE HOENDERKOEKIES

  • 2 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 knoffeltoontjies, grof gekap
  • 1 cm vars gemmer, grof gekap
  • 1 klein uitjie, gekap
  • ¼ teelepel koljander (coriander) of 2 eetlepels vars koljander, opgekap
  • 2 eetlepels vars pietersielie, opgekap
  • 3 stele sprietuie, opgekap
  • ½ wortel gerasper (Ongeveer 5 – 7 cm lank)
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 1 groen rissie, opgekap (opsioneel)
  • bietjie koekmeel, om mee te rol
  • 2 – 3 eetlepels olyfolie, vir braai

Plaas al die bestanddele buiten die olie in ‘n voedselverwerker en blits net vinnig tot alles fyn gemaak is. Dit is ‘n taai droë mengsel so hou maar dop dat jou voedselverwerker nie te swaar trek nie.
Plaas die mengsel in ‘n bakkie met ‘n deksel en sit in die yskas vir die geure om te trou.
Plaas bietjie meel in ‘n bord, deel die mengsel in ongeveer 6 – 7 koekies of hoe groot jy hulle verkies. Die mengsel is klewerig, so rol ‘n bal, plaas in die meel, druk platter en dan rol jy dit op die sye al in die rondte om ‘n mooi gevormde koekie te kry. Sonder die meel klou alles aan jou hande vas. Plaas die koekies op ‘n meelbestrooide bord tot almal klaar gerol is.
Sit in die yskas om koud te bly. Verhit die olie in die pan op matige hitte en braai die koekies tot goudbruin en gaar.
Bedien dadelik as ‘n vingerhappie saam met soetrissiesous, of as ‘n maaltyd saam met groente van jou keuse.

Nota:
Die tekstuur van die koekies is baie dig, so moenie die mengsel te veel hanteer nie. Indien dit vingerhappies is, stel ek voor kleiner en platter koekies.

Resep en foto’s: Rina Kleinhans

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5