Your Recipe Blog

TAMATIE- EN UIESMOOR OM TE BOTTEL

by Your Recipe Blog

Marika
Posted by
| Servings: 6 Groot bottels

TAMATIE- EN UIESMOOR OM TE BOTTEL

  • 3 ½ kg tamaties
  • 1 kg uie (gekap)
  • 2 eetlepels sout
  • 2 ½ suiker (of na smaak)
  • 3 koppies bruinasyn
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel mosterdpoeier
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • 6 eetlepels maizena om te verdik

Kap tamaties fyn in versapper. Braai uie in bietjie olie tot gaar en deurskynend. Voeg res van bestanddele behalwe maizena by.
Kook vinnig vir 1 uur lank tot gaar en dik.
Verdik met maizena wat tot ‘n pasta aangemaak is met ‘n bietjie water indien nodig.
Laat kook vir nog ± 5 minute.
Skep in gesteriliseerde bottels.

(Lewer ± 6 groot Mayonnaise bottels vol).
Nota:
Jy sit dit net op die rak. Kan tot 6 maande hou as dit reg gebottel is. Onthou net om die bottels te steriliseer.
Resep: Bets Lourens
Foto: Nicollete Papas

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5