Your Recipe Blog

SUZANNE SE “CINNAMON BUNS”

Recipe by
Cook: 20 minute

SUZANNE SE “CINNAMON BUNS”

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels botter
  • ½ pakkie kitsgis (3.5 g)
  • 375 ml lou warm melk
  • knippie sout
  • Vulsel:
  • 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels fyn kaneel
  • Versiersel:
  • 1 koppie versiersuiker
  • 20 ml melk
  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • 5 ml vanilla geursel

Meng die deeg bestanddele saam in mengbak, knie tot gladde deeg en laat rys tot dubbel in grootte. Maak ‘n mengsel van suiker en fyn kaneel en strooi oor uitgerolde deeg wat lekker met botter gesmeer is.
Rol op en sny ringe. Pak in voorbereide oondbak.
Laat rys in pan tot dubbeld in grootte en bak in 180ºC oond vir 20 min.
Meng die versiersel bestanddele saam en skep oor die warm rolletjies.

Foto en resep: Suzanne Petersen

One Review

  1. Nicolene Bothma
    Ek het hierdie resep nou al oor en oor en oor gemaak…. Die eerste keer perongeluk water in pleks van melk gebruik…. 2de keer melk. Ek sal dit nooit weer met melk maak nie. Dit is soveel ligter met water…. En as jy n lepeltjie plain cream cheese het om by daai icing in the klits of selfs n laughing cow kaas wiggies…. Ooooh dis Njammies

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5