Your Recipe Blog

SUSAN VAN NIEKERK SE BOBOTIE

Recipe by
Cook: 20 minute

SUSAN VAN NIEKERK SE BOBOTIE

“Ek het vanaand hierdie Boere Bobotie gemaak. Ek moet sê dit is een van die lekkerste wat ek nog gemaak het.”

  • 3 groot uie, gekerf
  • 4 teelepels kookolie
  • 2 ml koljander
  • ½ teelepel swartpeper
  • 4 teelepels kerriepoeier
  • 2 teelepels borrie
  • 1 kg maalvleis
  • 4 teelepels bruinsuiker
  • 4 teelepels appelkooskonfyt
  • 4 teelepels asyn
  • 2 snye witbrood
  • 1 koppie melk
  • ½ koppie rosyne
  • 2 suurlemoenblare
  • 2 eiers
  • Bolaag:
  • 1 koppie melk
  • 2 eiers
  • 2 suurlemoenblare

Braai die uie in die kookolie. Voeg die speserye by en braai nog ‘n bietjie. Skep die mengsel uit en braai die vleis in die kastrol. Plaas die uie- en speseryemengsel terug. Voeg die bruinsuiker, appelkooskonfyt en witbrood, wat in melk geweek is, by. Kook deur en roer die rosyntjies by. Skep die bobotiemengsel in ‘n oondskottel. Giet die eier-en-melkmengsel, wat saam geklits is, oor en druk suurlemoenblare in die gereg. Bak vir 20 minute teen 180 °C.

Dine se notas:
Mens kan natuurlik wildsvleis ook vir bobotie gebruik. Dit gee ook ‘n losser tekstuur aan die maalvleis. In argiewe kan mens gaan oplees dat Van Riebeeck ‘n “bobotiepot” bestel het. Mens kan dus aflei dat hulle bobotie geken het. Dis ‘n teelepel borrie wat die rys so geel gekleur het. Hierby kom hanepootrosyntjies en ‘n groot klont botter. Suurlemoenblare word opgerol en in die bobotie gedruk vir die lekkerte en die mooi vertoon. Saam met die bobotie bedien ons altyd blatjang, atjar en tamatiesambal.

Foto: Marianne Pampoen
Resep: Dine van Zyl – Boerekos
2de foto: Johan Westenberg – Ek gebruik nie peper nie, en die suurlemoenblare vervang met
Lourierblare. Het ook alles helfte gemaak , anders is dit te veel vir 2 persone.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5