Your Recipe Blog

STROPERIGE LEMOENTERT

Recipe by
Cook: 25 minute

STROPERIGE LEMOENTERT

  • Tert:
  • 250 ml suiker
  • 3 ekstra groot eiers
  • 375 ml koekmeel
  • 125 ml melk
  • 7 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 60 ml botter of margarien
  • Stroop:
  • 375 ml suiker
  • 250 ml water
  • 30 ml botter of margarien
  • 250 ml lemoensap

Voorverhit oond tot 180˚C en spuit ‘n oondbak met groote 32 x 21 cm.
Klits die eiers en suiker saam tot lig en romerig. Verhit die melk en botter saam tot botter gesmelt is. Laat effens afkoel.
Sif die droë bestanddele saam en vou beurtelings met die melk by die eiermengsel in. Giet in ‘n voorbereide oondbak en bak vir 25 minute tot gaar.

Berei intussen die stroop:
Verhit die stoop bestanddele (behalwe die lemoensap) in ‘n kastrol oor matige hitte totdat die suiker gesmelt is. Verhit tot koopunt en laat 5 minute lank stadig prut. Laat effens afkoel en roer lemoensap by.
Prik die gaar tert wanneer dit uit die oond kom met ‘n dun toetspen en giet die warm stroop bo-oor. Laat dit intrek en afkoel.

Bedien saam met room of vla.

Foto’s en resep: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5