Your Recipe Blog

SPRINGBOK CARPACCIO

by Your Recipe Blog

SPRINGBOK CARPACCIO

  • 1 springbok fillet, week vir 10 minute in bruin asyn en water mengsel om van die meeste wild smaak ontslae te raak
  • 1 rooi ui, fyngekap
  • 1 groen soetrissie, fyngekap
  • Balsamies asyn, komynsaad en geursel van keuse

Droog die fillet af en plaas in die vrieskas vir ‘n uur.
Maak olie warm in pan en seël die fillet – 10 sekondes albei kante.
Plaas die fillet terug in die vrieskas, koel goed af, die fillet moet nie vries nie, net effens styf wees, dit help met die gemaklik sny van die vleis.

Hou die ui en soetrissie in aparte houers.
Sny springbok Carpaccio met ‘n skerp mes 2 mm. skywe.
Plaas gesnyde springbok vleis op ‘n versierbord.
Sprinkel Balsamiese asyn oor.
Sprinkel gekapte fyn rou ui en groen soetrissie oor die springbok Carpaccio soos op foto.
Sprinkel liggies met fyn komynsaad, skud geursel en sout liggies tot jou smaak.
Baie lekker met ‘n glasie rooiwyn of twee.

Resep en foto: Merchant Steenkamp

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5