Your Recipe Blog

SPOGGERIGE TUNAROL

by Your Recipe Blog

SPOGGERIGE TUNAROL

  • Vulsel – meng alles en hou eenkant:
  • 1 blikkie tuna (200 g), gedreineer
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 6 eetlepels grofgerasperde botter
  • 6 eetlepels mayonnaise
  • 1 eetlepel blatjang
  • 1 eetlepel aangemaakte mosterd
  • Rol:
  • 4 eiers
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 teelepel sout
  • 6 eetlepels koekmeel

Voer rolkoekpan uit met waspapier. Skei eiers, klits witte tot styf. Voeg suiker en sout by. Klits eiergeel, voeg gesifde meel by, vou geklitste eierwit by en vou in. Skep in rolkoekpan en bak vir 8 min. teen 200ºC.
Keer uit op klam doek, verwyder waspapier. Smeer vulsel oor en rol op.

  • Bo laag:
  • ½ koppie fyn maaskaas
  • 6 eetlepels Cheddar smeerkaas
  • fyngekapte pietersiesie
  • gekapte pekan neute

Meng kase en smeer oor rol. Strooi pietersielie en gekapte neute oor. Verkoel en sny in skywe.

Foto en Resep: Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5