Your Recipe Blog

SPEK-EN GROENBONEGEREG

| Servings: 3 - 4 persone

SPEK-EN GROENBONEGEREG

  • 500 g Eskort “Wiltshire Cured Bacon Cuts”, f spek van jou keuse
  • ± 500 g vars groenbone, opgekerf
  • 1 groot wit ui, opgekerf
  • 3 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 2 handevol spinasieblare, opgekerf
  • 1½ koppie gerasperde Mozzarellakaas
  • Aromat, sout en peper na smaak en knoffelvlokkies, indien verkies

Voorverhit oond tot 180 ºC.
Kook die aartappels en uie saam tot amper gaar. Voeg die bone, spinasie en geurmiddels by. Kook tot sag, dreineer oortollige water deeglik en druk dit fyn. Maak intussen die spek in ‘n pan gaar, maar steeds sag. Skep genoeg fyn groenbonemengsel op die bord vir ‘n ete.
Druk liggies plat, pak die spek bo-op.
Bak in die oond tot die spek bros is en die bonemengsel effens verbruin het, ongeveer 10 minute.
Strooi die kaas bo-oor en bak verder tot goudbruin en gesmelt is.

Nota:
Geniet net so of bedien soetpatats of ander groente by of geniet dit wat oorbly vir middagete môre.

Resep en foto’s: Christelle van Rooyen

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5